2011-12-31 00h05
Ja, dit lyk asof ek 'n dag
oorgeslaan het, maar ek het nie. Dis die effek van die wagskofte. Ek
skryf nou 'n stukkie, dan weer net mooi op nuwejaar.
Ons het die kant van 'n groot
laagdrukstelsel gevang, toe het ons afgewyk van ons roeteom
veiligheidsredes. Tans is ons op pad na die eiland Tobago, waar ons
so oor agt of nege ure sal wees. Ons ry al vir die laaste 36 plus ure
op die enjins, die wind is te rof en so ook die see. Die see wat van
die kant af kom is die hoofrede vir die koersverandering. Die boot
het só gebuig dat hy nou
nog sulke onheilige kraakgeluide maak. Dis die paneelwerk binne.
Bietjie soos 'n nuwe motorkar nadat mens 'n ent stofpaaie gery het.
Dit sou weer my kookbeurt
gewees het, maar Drikus en ek het uitgeruil sodat ek op oujaarsaand
kan kook. Nou, met diue weer saam, lyk dit of selfs dit in die
weegskaal mag wees. Ons het nie juis baie inligting oor Tobago nie,
behalwe vir 'n Boater's Directory van 2009. Sal maar dit deeglik
beloer.
Ek hoop ons sal iewers stop
naby internet-geriewe. Ons Boater's Directory is maar redelik yl
hieroor. Daar is darem cruisers op die BHF kanaal 68 elke oggend
08h00. 'n Mens ssal daar seker inligting kan kry.Die wisselkoers is
van die plaaslike geld is so TT6 per US$, effens sterker as die Rand.
Dit lyk ook of die plek redelik goedkoop kan wees.
Ek sien uit na 'n bietjie rus.
Ek is vol blou kolle soos ekk my gestamp het toe die boot so
rondgespring het. Dit lyk asof die ander manne soortgelyk voel. Die
see is op die oomblik nog dieselfde, min of meer, as wat ons in die
begin van die reis uit Kaapstad gehad het. Mens word regtig fisies
moeg van die beweging.
Dit sal darem lekker wees om
'n bier of twee te drink ook. Miskien selfs aan wal gaan eet. Ek kan
nie uitmaak of mens moet inklaar by Tobago, of Trinidad self nie.
Gelukkig kan ek so effens die toeskouer speel hierdie keer. Net 'n
\grap. Dis 'n leerervaring vir my, so ek sal die beste daarvan maak.
Dis moeilik om my emosies op
die oomblik te beskryf. 'n Mens het uitgesien na die einde van die
reis, vol verwagting oor die nuwe plekke om te ontdek. Nou is dit nog
steeds so, behalwe dat die reis nou twee dae langer sal wees en daar
nog 'n plek op die kaart is om te ontdek. Ek weet ek sal agterna
terugkyk en giggel hieroor, maar nou is daar gemengde gevoelens.
Die Yachtmaster handleiding is
vol van hierdie aspek onder die hofie van reisbeplanning.
Alternatiewe bestemmings en gebeurlikheidsplanne. 'n Mens is nie
almagtig nie en het definitief nie beheer oor die weerpatrone nie.
Dis 'n baie interessante oefening in berusting, diep asemhaal en stap
vorentoe. Ek reken die effense vlak van uitputting tans speel 'n
groot rol in die emosies. Dis 'n belangrike ding om in gedagte te
hou by enige reisbeplanning.
Mens vra die vrae rondom die
weerstoestande, die gereedheidsvlak en diensbaarheid van die boot,
die bevoorrading, navigasiehulpmiddels en reisdokumente. En op die ou
end is die geestestoestand van die bemanning die bepalende faktor.
Daar is 'n artikel in die Yachting Monthly-tydskrif van Oktober 2011
hieroor. Nou voel ek die effekte van al hierdie dinge aan my ie lyf.
Letterlik. En dis nie iets om af te lag nie. Die artikel beskryf
nogal mooi en in eenvoudige terme die newe-effekte van 'n teësinnige
of uitgeputte bemanning. Die uitputting maak dat mens ophou dink en
dan in 'n reaktiewe denkpatroon verval. Dis 'n resep vir 'n ramp,
veral wanneer dit kom by besluite oor die weer. Weerstoestande op
hierdie skaal het 'n drie tot vyf dae effek. Dit kan die reis en die
boot breek. 'n Stukkie ervaring, geskep uit 'n realiteit wat in
uitputting gebore is, wat 'n boot breek. Spookstorie?
Gaan lees weer “What the
Bleep do We Know Anyway?” Die werklikheid word geskep deur die
individu se geestesbeeld. Daar is 'n aanduiding dat die geetsebeeld
selfs 'n effek het in die kwantum-fisika. Die ander sy is natuurlik
baie interessant.
Jy kan jou realiteit self
bepaal. En dit suiwer deur jou verwysingsraamwerk ooreenkomstig te
oriënteer. Die terme
“world view,” “beginsels,” “frame of mind,” “principle,”
“visie” het almal hierdie in gemeen. Die boek What the Bleep vat dit mooi saam. Eckhard Tolle brei dit uit in sy boek “The Power
of Now,” waarin hy 'n betoog lewer om jou verwysingsraamwerk te
plooi rondom die belewenis van die “nou.” Nie gister se ervarings,
lief en leed nie. Ook nis more se sorge nie. Maak 'n besluit nou en
ervaar die vrugte van jou besluit. Miskien dieselfde as What the
Bleep, maar uit 'n meer geestelike oogpunt.
Tolle stel voor jy onderdruk
jou ego deur dit te ignoreer. Dis nou bietjie soos meditasie en sielrus. Dit gee vir jou kans om jou eie
realiteit te skep sonder invloed van jou ego. My vermoede is, uit wat
hierdie twee geskrifte sê,
dat jou ego jou so moeg maak met spookstories om jou bang te kry dat
jy naderhand in die reaktiewe denkwyse verval.
Dis eintlik, na aanleiding van
What the Bleep, 'n gevaarlike tostand om in te verkeer, omdat jy nie
juis omgee oor wat gebeur nie en dan letterlik jouself in 'n fatale
posisie kan plaas. Dis iets om ernstig oor te besin. Ek moes hierdie
effekte in ag neem vir die beplanning van Rooivalktoetse op
ontplooiing. Dieselfde effekte was daar van toepassing en daar was
gereelde gevalle van personeelprobleme totdat ons hierdie
karakterisitek van die mens se psige begin verstaan het. Ek het dit
ook in Nigerië gesien
onder die kontrakteurs uit Europa.
'n Gebalanseerde lewenstyl het
natuurlik ook 'n groot invloed. Dit kon ek mooi duidelik sien uit die
gedragspatrone van die Engelse expats daar in Nigerië. 'n Lae geestelike weerbaarheid
as gevolg van, na my mening, lae geestelike morele waardes,
gekoppel aan 'n lui-lekker lewenstyl en hoë
vlakke van onfiksheid. Dan is daar binne twee maande moeilikheid.
So, dis basies 'n goeie idee
om 'n slag te stop. Al kos dit ons twee dae ekstra. Ons kry kans om
weer ons voete op moeder-aarde se vaste grond te sit. Ek hoop regtig
dat daar nie 'n deurmekaarspul, of liewer 'n laksheid, sal wees met
die doeane, immigrasie en hawebeheer soos op St Helena nie.
Maar miskien is ons teen
hierdie tyd al sterk genoeg om dit te kan hanteer.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Showing posts with label Tortola reis: Ewenaar tot Tobago. Show all posts

Thursday, 8 March 2012
Wednesday, 7 March 2012
Alleentyd en 'n rowwe see
2011-12-29 21h00
Dis vanaand effektief ons derde laaste nag ter see, soos die Here wil en die weer toelaat. Ons het voorspoedig geseil die afgelope paar dae en het goeie wind gehad daarvoor. Ons het 171 seemyle afgelê in die etmaal tot twaalfuur vanmiddag. Dit is een van die top vyf dae se afstande.
Op die oomblik is die seile opgerol en ons motor. Die wind is tans heel dwars op ons rigting en die deining vang ons baie sleg. Die wind is ook rukkerig en kom in vlae. Dit maak die boot bokspring. Letterlik. Ons het vroeër vanaand so slag of wat 'n meter of so in die lug gespring. Die boot buig en kraak onheilspellend en Renier het dit gerade geag om liewer die enjins te gebruik terwyl die toestande voortduur.
Die seetoestand van so twee tot drie meter maak die water oor die boot spoel, so al die luike is dig toe. Nou is die ventilasie weg uit die kajuite en dit voel soos 'n sauna in my bed. Jy lê in 'n plas sweet. Dan kom 'n mens agter hoe warm dit eintlik is. Dis natuurlik lekker aangenaam koel buite, maar jy is sommer gou papnat gespat. Dis lekker net tot op 'n punt, die idilliese maan ten spyt.
Die maan laat mens verlang na die dae voor jou gesinsverantwoordelikhede, waar jy en jou geliefde 'n aand of so kon deurbring met julle drome. Dis asof die maan en die naghemel my uitnooi om dit weer te besoek, daardie paaie deur my hart en my drome. Die geleentheid is definitief daar en nou moet 'n mens dit gebruik terwyl jy nog kan. Jy weet nie wat vir jou voorlê nie. Buitendien, jou geluk lê in wat jy met jou vermoë en jou geleenthede doen.
Nou ja, wanneer ons in St Maarten aankom hou ons op met kook aan boord. Dan is dit skoonmaak en voorberei vir oorhandiging. Daar is darem nog 'n geleentheid of wat vir ontspanning in die volgende week. Dis nou met die naweek en die nuwejaarsvieringe wanneer die kantore basies gesluit is.
Ek sit vandag en nabetragting hou, toe kom ek agter presies hoeveel ek nou al geskryf het. Dis amper die helfte van die boek. En ek het nog nie begin om die navigasie-inligting vir die reisbeplanning in te skryf nie. Ook nie die kontak-details van die onderskeie owerhede en marinas nie. Nog 'n ruim 30% van hierdie joernaal word opgeneem deur my navigasie-oefeninge se berekeninge. Dié skryf ek darem in die dag. Die joernaal is 'n ding van die nag, wanneer ek alleentyd het en die gedagtes kan vloei.
Ek sal seker die boek volgeskryf hê teen die tyd wat ek klaar is met my Yachtmaster-kursus en eksamen. Dan sal ek die boek afsluit en 'n nuwe ene begin. Miskien maak hierdie joernaal 'n goeie blog, ek sal bietjie navorsing doen. Sê nou maar ek kan 'n geldjie daaruit verdien! Dit sal baie handig te pas kom.
Ons het vanaand vir die laaste keer vis geëet. More eet ons vark en aartappelskyfies en op oujaar eet ons 'n hoenderkerrie met klapperroom. Vir oulaas. Dan is dit winkelkos en drank. Ek sien uit na bier of twee, gevolg deur 'n lekker whisky. Perdalks kan ons weer lekker kuier aan boord. Ons sal landkrag hê, dan kan ons die lugversorger gebruik. Dit klink na 'n gawe lewenstyl.
Ek hoop die internet-toegang is in werking. Renier reken daar was al 'n probleem op 'n vorige besoek. Dan is toegang nie maklik nie en mens moet rondvra. Ons hoop maar vir die beste.
Ons almal aan boord begin die einde van die reis aanvoel. Ek vermoed met meer as 'n tikkie nostalgie. Hoewel ek ook dink die ander manne sal dit maar half teësinning erken. Die macho-ding, “cowboys don't cry,” jy weet. En Drikus se gay-geit ten spyt. Ek sal hierdie twee mense vir 'n lang tyd onthou as goeie vriende en kollegas. Daar was, en steeds is, 'n groot sinergie tussen ons, ten spyte van wyd-uiteenlopende lewensbeskouings en groot ouderdomsverskille.
'n Mens vra jouself af, as 'n toets van die verhouding, of jy weer so iets sal aanpak en meemaak saam met hierdie mense. En, na ses weke van lief en leed deel en in mekaar se sakke lewe, is die antwoord definitief ja.
En ons paaie sal redelik gereeld kruis, al sal dit waarskynlik met lang tussenposes wees. Die lang tussenposes synde die tye ter see van al die betrokke partye.
Ek lag ek loop Alistair en Bruce weer hier iewers raak. Dit kan nogal 'n redelike reunie afgee! Nogal so ver in die vreemde ook. En nuwe vriende en kennisse, sakemense. Ek sal maar hierdie boek moet byhou, lyk dit my.
Die gees van die Yachtmaster-kursus en die vooruitsigte van 'n volgende loopbaan begin my nou beetpak. Ek voel weer soos na universiteit, daar is nou deure wat oopgaan. En hierdie slag is ek reg opgestel, met die regte profiel.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2013-05-09
Monday, 5 March 2012
Onweer, higiene en ander vooruitsigte
2011-12-28 18h40
Ons seil nou lekker teen so knap meer as sewe knope. Heeldag al, inderdaad. Met die wind netjies op die stuurboordsy Wat dit nogal onaangenaam maak.
So elke nou en dan slaan 'n
kort deining die boot op sy kant, dan bokspring die hele boot na 'n
kant toe, hel oor en gooi al die los goed van die tafel en ander
werk-oppervlaktes af. Daar was 'n slag 'n paar stukke skottelgoed op
die dek tesame met die ketel, Die ketel het 'n ekstra duik opgedoen
en gelukkig is daar nie merke op die vloer of teen die kaste nie.
Een slag, 'n ruk later, toe
alles weer op hulle plekke is, slaan 'n groterige golf die boot dat
daar groen water en skuim oor die dak kom en ons natreën
in die salon deur die oop luike. Die manne moes maar baie gou hulle
rekenaars droog maak van die soutwater. Ek darem net 'n boek.
Dis nou naby die einde van die reis en die koskaste begin leeg raak. Nou begin die rerige kreatiewe resepte en mengsels. Dis darem nie eklekties nie want ons het nog genoeg blikke tamaties en 'n paar blikke sampioene oor, asook gevriesde roerbraai-groente, vis en vleis. Daar is ook 'n paar blikke klappermelk en olielensies oor, dus kan ek 'n lekker Thai-styl hoenderkerrie maak. Eintlik 'n fusion-dis, want dit sal 'n mengsel van Indiese en Thai-style wees. Ons sal maar sien of die mengsel werk. Anders maak ek net 'n Thai-styl hoenderkerrie met die roerbraai-groente en klappermelk, bedien op rys gegarneer met bruin lensies.
Sover wen die olielensies en klappermelk weergawe. Dan net met bruin rys. Ek het nog nie 'n hoenderkerrie gemaak vandat ons op die reis vertrek het nie.
Die gesprekke aan boord raak
baie interessant. Almal van ons is besig om na ons onderskeie
toekomsplanne te kyk en hulle af te stof. Selfs 'n paar sake-idees
sien die lig, veral vir my. Dis duidelik dat die ander manne my
ervaar as volwasse genoeg om redelik maklik 'n pos te kry in die
boothuur-vakansie bedryf. Ek sal bietjie die kat uit die boom kyk
wanneer ons in St Maarten en Tortola vertoef.
Ons het almal maer geword. Die ander twee het begin skeer, nou is ek die enigste bebaarde persoon aan boord. Die maer word tref ons almal daarin dat ons broeke begin afval. Dis as gevolg van kontinue maagspieroefening wat jy kry, selfs al sit jy. Ek moet myself hier teen die tafel inwig om stil genoeg te kan sit om te skryf. Mens kan dit waarskynlik aan my handskrif ook agterkom.
Ten spyte van die omgekrapte see is dit 'n romantiese aand, miskien liewer idillies. Romanties verwys na iets Romeins. Daar is cumulo-cirrus wolke in die lug. Dis sulke hoë strepies-wolke, maar hierdies lyk soos strepies watte. Dan is daar ook laer cumulus wolke. Voorbode van stormweer, nogal. En die maan skyn so tussen dit alles deur met so silwer lig. Daar is ook so waas om die maan. Alles baie mooi, maar dit beteken die weer is aan die verander. Sover ons weet is daar darem nie 'n orkaan aan die ontwikkel nie. Die boeke sê dit is alles tekens van 'n warm front wat reën bring. Wel, dit kan kan so wees want die lug is baie vogtig, dis woes warm en die barometer staan op 1000 hektopaskal, instede van 1013hPa. Bietjie erg laag.
Maar dis immers die trope en mens verwag baie reën. Alhoewel, dis nou amptelik winter hier want ons is noord van die ewenaar en die son is nog naby die Steenbok-skeerkring. Die Steenbok-skeerkring gaan so amper deur Polokwane, as jy wil.
Mens wonder regtig hoe hierdie area op seisoene besluit. In Nigerië, waar ek was, in die suide, is Oktober en November die droë maande as gevolg van die Harmattan, 'n droë wind wat stof uit die Sahara en halfpad oor die atlantiese oseaan ook waai. Die Nigeriërs het toe maar besluit op Oktober en November as hulle amptlike winter. Dan dra hulle 'n wollerige kadot en warm klere om te kompenseer vir die “koelte” van net 32 grade in die dag!
Ons het ook ander skeepsverkeer in die omgewing, die eerste keer in twee dae. Mens moet dit maar mooi dophou, dat jy ontwykende stappe kan neem om 'n botsing te vermy. Net soos die mense om jou, nogal.
Ons het nie een meningsverskil gehad met 'n uiting van agressie nie. Vir my is dit iets besonders. Ek vermoed die kompetisie-element in die kaartspelery dien daardie doel, asmede die draakstekery. Verder eet ons ordentlik en die moreel is op 'n hoë vlak. Gekultiveerd, selfs. Ons luister tans nog na kersmusiek, maar ek begin reeds verlang na die arias. Dis nogal strelend so saam met die geruis van die water.
Ons het al drie vandag 'n stortbad geneem in 'n squall. Die reën was egter van korte duur en ons moes die seep afspoel met die buite-stort. Maar die hoop beskaam nie dat ons 'n lang genoeg squall sal kry om behoorlik te stort nie. En almal stort buite met 'n swembroek aan.
Dis veel anders as op staptoere waar die mense 'n lekker skinny-dip gevat het, gepaardgaande met 'n groot gegiggel. Dit sal interessant wees om dit te ervaar op 'n boot met 'n gemengde bemanning. Niks lelik of seksueel eksplisiet nie, net mense met wedersydse vertroue wat in die openbaar staan en hulle liggame reinig. Hierdie boot het nogal heelwat privaatheid, met elkeen wat sy eie badkamer het. Dis nie so op alle bote nie. Ek vermoed daar kan makliker konflik kom op daardie bote wat minder privaatheid het. Dit moet noodwendig 'n groter spanning tussen die mense veroorsaak. Iets om in gedagte te hou wanneer mens in bevel is van 'n boot. Deel van die mense-betuur, sou ek reken.
My voete se velle kom af van die voetsole. Dit begin ongemaklik raak, want dis nou rou. Ek smeer room en 'n anti-fungus middel, maar ek vermoed dis die voortdurende nat voete en soutwater se skuld ook. Ek wens al ek kan 'n paar keer op 'n sand-strand gaan loop, dat die droë sand die los velle kan afskuur en my voete kan masseer. Dis darem nou nie meer lank nie, dan is ons by St Maarten. Ek sal daar ook skeergoed, 'n behoorlike haarsny en skeer kry by 'n barbier. Dan kan ek weer soos 'n mens voel. Carol sal my selfs kan herken!
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Ons seil nou lekker teen so knap meer as sewe knope. Heeldag al, inderdaad. Met die wind netjies op die stuurboordsy Wat dit nogal onaangenaam maak.
Mooiweerskrif |
Minder mooiweerskrif |
Dis nou naby die einde van die reis en die koskaste begin leeg raak. Nou begin die rerige kreatiewe resepte en mengsels. Dis darem nie eklekties nie want ons het nog genoeg blikke tamaties en 'n paar blikke sampioene oor, asook gevriesde roerbraai-groente, vis en vleis. Daar is ook 'n paar blikke klappermelk en olielensies oor, dus kan ek 'n lekker Thai-styl hoenderkerrie maak. Eintlik 'n fusion-dis, want dit sal 'n mengsel van Indiese en Thai-style wees. Ons sal maar sien of die mengsel werk. Anders maak ek net 'n Thai-styl hoenderkerrie met die roerbraai-groente en klappermelk, bedien op rys gegarneer met bruin lensies.
Sover wen die olielensies en klappermelk weergawe. Dan net met bruin rys. Ek het nog nie 'n hoenderkerrie gemaak vandat ons op die reis vertrek het nie.
Onweergekrap |
Ons het almal maer geword. Die ander twee het begin skeer, nou is ek die enigste bebaarde persoon aan boord. Die maer word tref ons almal daarin dat ons broeke begin afval. Dis as gevolg van kontinue maagspieroefening wat jy kry, selfs al sit jy. Ek moet myself hier teen die tafel inwig om stil genoeg te kan sit om te skryf. Mens kan dit waarskynlik aan my handskrif ook agterkom.
Ten spyte van die omgekrapte see is dit 'n romantiese aand, miskien liewer idillies. Romanties verwys na iets Romeins. Daar is cumulo-cirrus wolke in die lug. Dis sulke hoë strepies-wolke, maar hierdies lyk soos strepies watte. Dan is daar ook laer cumulus wolke. Voorbode van stormweer, nogal. En die maan skyn so tussen dit alles deur met so silwer lig. Daar is ook so waas om die maan. Alles baie mooi, maar dit beteken die weer is aan die verander. Sover ons weet is daar darem nie 'n orkaan aan die ontwikkel nie. Die boeke sê dit is alles tekens van 'n warm front wat reën bring. Wel, dit kan kan so wees want die lug is baie vogtig, dis woes warm en die barometer staan op 1000 hektopaskal, instede van 1013hPa. Bietjie erg laag.
Maar dis immers die trope en mens verwag baie reën. Alhoewel, dis nou amptelik winter hier want ons is noord van die ewenaar en die son is nog naby die Steenbok-skeerkring. Die Steenbok-skeerkring gaan so amper deur Polokwane, as jy wil.
Mens wonder regtig hoe hierdie area op seisoene besluit. In Nigerië, waar ek was, in die suide, is Oktober en November die droë maande as gevolg van die Harmattan, 'n droë wind wat stof uit die Sahara en halfpad oor die atlantiese oseaan ook waai. Die Nigeriërs het toe maar besluit op Oktober en November as hulle amptlike winter. Dan dra hulle 'n wollerige kadot en warm klere om te kompenseer vir die “koelte” van net 32 grade in die dag!
Ons het ook ander skeepsverkeer in die omgewing, die eerste keer in twee dae. Mens moet dit maar mooi dophou, dat jy ontwykende stappe kan neem om 'n botsing te vermy. Net soos die mense om jou, nogal.
Ons het nie een meningsverskil gehad met 'n uiting van agressie nie. Vir my is dit iets besonders. Ek vermoed die kompetisie-element in die kaartspelery dien daardie doel, asmede die draakstekery. Verder eet ons ordentlik en die moreel is op 'n hoë vlak. Gekultiveerd, selfs. Ons luister tans nog na kersmusiek, maar ek begin reeds verlang na die arias. Dis nogal strelend so saam met die geruis van die water.
Ons het al drie vandag 'n stortbad geneem in 'n squall. Die reën was egter van korte duur en ons moes die seep afspoel met die buite-stort. Maar die hoop beskaam nie dat ons 'n lang genoeg squall sal kry om behoorlik te stort nie. En almal stort buite met 'n swembroek aan.
Dis veel anders as op staptoere waar die mense 'n lekker skinny-dip gevat het, gepaardgaande met 'n groot gegiggel. Dit sal interessant wees om dit te ervaar op 'n boot met 'n gemengde bemanning. Niks lelik of seksueel eksplisiet nie, net mense met wedersydse vertroue wat in die openbaar staan en hulle liggame reinig. Hierdie boot het nogal heelwat privaatheid, met elkeen wat sy eie badkamer het. Dis nie so op alle bote nie. Ek vermoed daar kan makliker konflik kom op daardie bote wat minder privaatheid het. Dit moet noodwendig 'n groter spanning tussen die mense veroorsaak. Iets om in gedagte te hou wanneer mens in bevel is van 'n boot. Deel van die mense-betuur, sou ek reken.
My voete se velle kom af van die voetsole. Dit begin ongemaklik raak, want dis nou rou. Ek smeer room en 'n anti-fungus middel, maar ek vermoed dis die voortdurende nat voete en soutwater se skuld ook. Ek wens al ek kan 'n paar keer op 'n sand-strand gaan loop, dat die droë sand die los velle kan afskuur en my voete kan masseer. Dis darem nou nie meer lank nie, dan is ons by St Maarten. Ek sal daar ook skeergoed, 'n behoorlike haarsny en skeer kry by 'n barbier. Dan kan ek weer soos 'n mens voel. Carol sal my selfs kan herken!
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Hanlon's Razor, spaghetti en ander gedagtes
2011-12-28 00h10
Woensdag. Ons is nou ses-en-dertig dae op pad.En dit klink my daar is nou so min of meer ses dae oor, dan is ons by St Maarten. Dan kook ons nie meer nie, maak die boot skoon en pleeg dergelike voorbereiding vir die aflewering. Op St Maarten sal ons moontlik nog toerusting oplaai, soos kajakke, 'n dinghy, buiteboord enjin en so aan. Die finale oorhandiging is by Tortola en sal waarskynlik eers Maandag oor 'n week plaasvind omdat ons eers teen die naweek daar sal aankom.
Daar is 'n nuwe opgewektheid aan boord. Mens kan dit met gemak aanvoel. Ek sien nogal uit om St Maarten te gaan ontdek. Ek wil spesifiek 'n foto of twee neem van die 747's wat oor die strand inkom om te land, rakelings oor die mense se koppe. St Maarten is ook meesal 'n duty-free plek en blykbaar kan 'n mens lekker inkopies doen. Ek hoop hulle het lekker whisky, ek is al lus vir 'n dop of twee.
Ek het vanaand kos gemaak. Spaghetti Bolognese met maalvleis, anys, koljander, 'n klein brandrissie, sojasous en geblikte sampioene. 'n Knypie origanum het die garnering voltooi. Ek het die sous dik gemaak met meel sodat daar genoeg sous sal wees om die vrag spaghetti mee te smeer.
Die resultaat was dat Renier twee porsies geskep het en toe weer later ene op sy diensbeurt. Dis nogal lekker as die mense jou kos waardeer.
Ek sal nog, saam met die ander manne, twee keer kook. Dit klink of hulle ook nog net een keer sal kook, dan is ons by St Maarten. Ek sal nog een keer viskerrie maak, hulle het daarvoor gevra. Die resep met die klappermelk. Dit begin ook een van my gunsteling resepte raak. Ons kook nou al met seewater want ons sout is effektief op.Dis nog net die sout in die meultjie wat oorbly, en dan die sojasous. Maar sojasous werk nie in al die geregte nie.
Hierdie joernaal van my staan ook knap voor die einde van 'n hoofstuk.Ek dink ernstig daaraan om 'n blog te bou om al hierdie stories en wedervaringe op te skryf. Dis 'n liefdestaak en waarskynlik baie werk, maar dis nogal terapeuties vir my. Die skrywery maak 'n mens rustig en verskaf 'n emosionele uitlaatklep. En die seilery is fisiese ontspanning by uitnemendheid. Ek het selfs 'n netjiese sonbruin op my vel gekry, sonder om sonbrandolie te gebruik. Ek reken dis omdat 'n mens nie heeldag aan die UV blootgestel is nie. Ons sit meesal binne en lees, dus is die blootstelling beperk.
Die see se kleur het vandag subtiel verander van baie helder blou na amper 'n donkergroen blou, amper 'n olyfkleur. Dis nou die effek van die Amasone se water. Ons is tans so end noord van die Amasone-delta en so honderd myl van die kus af. Dit is verstommend om te dink dat 'n rivier so groot effek kan hê.
Ons het twee visse byna gelyk
gevang, baba Wahoo's. Nogal 'n mooi vis, so lank en maer met
vertikale blou strepe van so 30-40 mm wyd.
Ek is nie seker of my tekening reg laat geskied aan die mooi vis nie.
Ons het maar ons lyne opgetrek, want die wind is goed en mens moet die boot stop en die seil oprol as jy 'n groot vis haak. Die visvangery was maar traag tot nou toe. Ek vermoed die visse is meer gekonsentreerd in die verrykte water waarin ons nou vaar.
My navigasie-oefeninge gaan steeds voort. Die sekstant is nou net 'n instrument en ek begin verstaan waar die beperkings lê. Onder andere in die ou omis se oë se optika. Maar ek kry dit nog steeds goed reg.
Navigasie is nie 'n eksakte
vakgebied nie. Mens moet 'n besluit naak oor die geldigheid van
inligting en die betroubaarheid of integriteit daarvan. Ek het nou
menigmaal op hierdie reis data weggelaat uit my berekeninge omdat ek
besluit het dis nie akkuraat genoeg nie. Dit het 'n groot effek op
die integriteit van die uiteindelike plot wat ek maak. Dis bietjie
soos die raaisel van wat is swart en groot, jy kook daarop en as jy
klaar is hang jy dit in die boom op. Die antwoord is: 'n stoof. Dis
my stoof en ek kan maak met hom wat ek wil. 'n Mooi voorbeeld, op 'n
humoristiese wyse aangebied, van oorbodige inligting of inligting met
'n lae integriteit.
Baie mense sal in hulle koffie stik as jy vir hulle sê dat hulle besluitnemingsproses gebuk gaan onder te veel inligting en derhalwe ontoereikend is vir die die probleem op hande. Hanlon's razor is die amptelike naam vir die besluitnemingsproses.
Amptelik stel Hanlon's razor dit so: Asaar meer as een interpretasie is van 'n probleem se oplossing, kies die eenvoudige een. Op Engels is 'n verwante een: Never ascribe to malice that what can suitably be explained by stupidity. 'n Bietjie tong in die kies, maar 'n geldige standpunt. Hoeveel rustiger sou die wereld gewees het as meer mense so begin dink.
Hier op die boot werk dit goed en almal het 'n dik vel gegroei, by wyse van spreke. Die draakstekery is baie gevat en bereik 'n piek net na aandete. Dis dan wanneer die kaarte uitgepak word en die lang messe van humor, daardies met die saagtande met weerhakies in, uitkom. Onder groot geskater, nogal.
Ek het so idee hierdie is die lekkerste reis in 'n lang tyd vir ons almal. Definitief vir my. Die jaar wat verby is was baie erg vir my en ek vermoed die laaste nadraaie is nog nie oor nie. Niks waar 'n mens jou vinger op 'n pols kan sit nie, net 'n onrustigheid in jou gemoed. Miskien bietjie soos iemand wat te veel seergekry het en nou 'n skans gebou het.
Maar die lewe is een van onsekerheid en mens moet dit hanteer. Deel daarvan is dat ek nou gewoond moet raak aan loop klein treetjies op “stepping stones,” eerder as om die breë pad van finansiële slawerny weer in te slaan.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Woensdag. Ons is nou ses-en-dertig dae op pad.En dit klink my daar is nou so min of meer ses dae oor, dan is ons by St Maarten. Dan kook ons nie meer nie, maak die boot skoon en pleeg dergelike voorbereiding vir die aflewering. Op St Maarten sal ons moontlik nog toerusting oplaai, soos kajakke, 'n dinghy, buiteboord enjin en so aan. Die finale oorhandiging is by Tortola en sal waarskynlik eers Maandag oor 'n week plaasvind omdat ons eers teen die naweek daar sal aankom.
Daar is 'n nuwe opgewektheid aan boord. Mens kan dit met gemak aanvoel. Ek sien nogal uit om St Maarten te gaan ontdek. Ek wil spesifiek 'n foto of twee neem van die 747's wat oor die strand inkom om te land, rakelings oor die mense se koppe. St Maarten is ook meesal 'n duty-free plek en blykbaar kan 'n mens lekker inkopies doen. Ek hoop hulle het lekker whisky, ek is al lus vir 'n dop of twee.
Ek het vanaand kos gemaak. Spaghetti Bolognese met maalvleis, anys, koljander, 'n klein brandrissie, sojasous en geblikte sampioene. 'n Knypie origanum het die garnering voltooi. Ek het die sous dik gemaak met meel sodat daar genoeg sous sal wees om die vrag spaghetti mee te smeer.
Die resultaat was dat Renier twee porsies geskep het en toe weer later ene op sy diensbeurt. Dis nogal lekker as die mense jou kos waardeer.
Ek sal nog, saam met die ander manne, twee keer kook. Dit klink of hulle ook nog net een keer sal kook, dan is ons by St Maarten. Ek sal nog een keer viskerrie maak, hulle het daarvoor gevra. Die resep met die klappermelk. Dit begin ook een van my gunsteling resepte raak. Ons kook nou al met seewater want ons sout is effektief op.Dis nog net die sout in die meultjie wat oorbly, en dan die sojasous. Maar sojasous werk nie in al die geregte nie.
Hierdie joernaal van my staan ook knap voor die einde van 'n hoofstuk.Ek dink ernstig daaraan om 'n blog te bou om al hierdie stories en wedervaringe op te skryf. Dis 'n liefdestaak en waarskynlik baie werk, maar dis nogal terapeuties vir my. Die skrywery maak 'n mens rustig en verskaf 'n emosionele uitlaatklep. En die seilery is fisiese ontspanning by uitnemendheid. Ek het selfs 'n netjiese sonbruin op my vel gekry, sonder om sonbrandolie te gebruik. Ek reken dis omdat 'n mens nie heeldag aan die UV blootgestel is nie. Ons sit meesal binne en lees, dus is die blootstelling beperk.
Die see se kleur het vandag subtiel verander van baie helder blou na amper 'n donkergroen blou, amper 'n olyfkleur. Dis nou die effek van die Amasone se water. Ons is tans so end noord van die Amasone-delta en so honderd myl van die kus af. Dit is verstommend om te dink dat 'n rivier so groot effek kan hê.
Ek is nie seker of my tekening reg laat geskied aan die mooi vis nie.
Ons het maar ons lyne opgetrek, want die wind is goed en mens moet die boot stop en die seil oprol as jy 'n groot vis haak. Die visvangery was maar traag tot nou toe. Ek vermoed die visse is meer gekonsentreerd in die verrykte water waarin ons nou vaar.
My navigasie-oefeninge gaan steeds voort. Die sekstant is nou net 'n instrument en ek begin verstaan waar die beperkings lê. Onder andere in die ou omis se oë se optika. Maar ek kry dit nog steeds goed reg.
Baie mense sal in hulle koffie stik as jy vir hulle sê dat hulle besluitnemingsproses gebuk gaan onder te veel inligting en derhalwe ontoereikend is vir die die probleem op hande. Hanlon's razor is die amptelike naam vir die besluitnemingsproses.
Amptelik stel Hanlon's razor dit so: Asaar meer as een interpretasie is van 'n probleem se oplossing, kies die eenvoudige een. Op Engels is 'n verwante een: Never ascribe to malice that what can suitably be explained by stupidity. 'n Bietjie tong in die kies, maar 'n geldige standpunt. Hoeveel rustiger sou die wereld gewees het as meer mense so begin dink.
Hier op die boot werk dit goed en almal het 'n dik vel gegroei, by wyse van spreke. Die draakstekery is baie gevat en bereik 'n piek net na aandete. Dis dan wanneer die kaarte uitgepak word en die lang messe van humor, daardies met die saagtande met weerhakies in, uitkom. Onder groot geskater, nogal.
Ek het so idee hierdie is die lekkerste reis in 'n lang tyd vir ons almal. Definitief vir my. Die jaar wat verby is was baie erg vir my en ek vermoed die laaste nadraaie is nog nie oor nie. Niks waar 'n mens jou vinger op 'n pols kan sit nie, net 'n onrustigheid in jou gemoed. Miskien bietjie soos iemand wat te veel seergekry het en nou 'n skans gebou het.
Maar die lewe is een van onsekerheid en mens moet dit hanteer. Deel daarvan is dat ek nou gewoond moet raak aan loop klein treetjies op “stepping stones,” eerder as om die breë pad van finansiële slawerny weer in te slaan.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Monday, 27 February 2012
Toekomsplanne in 'n squall
2011-12-26 21h00
En nou is dit ‘n dag later. ‘n Dag nader aan ons bestemming. Die afstand wat oorbly is nou drie syfers, nie meer vier nie. En vandag was Maandag. Ons vooruitskatting is nou om volgende Maandag in St Maarten te wees.
Die dag was redelik stil en rustig. Ons is in ‘n seestroom wat ons meesleur teen so raps meer as twee knope. Ons het ‘n lekker wind gehad heeldag lank en ons effektiewe spoed was oor sewe knope.
Alles rustig tot vyf minute gelede. Toe slaan ‘n squall ons en ek moes seil inrol vir die vale. Die wind was sterk genoeg dat die boot, sonder enige seile, gemaklik nege knope spoed gehou het. En ek sit hier in die salon in ‘n plas sweet van die inspanning. Ons motor nou tot die weer bietjie bedaar het. Tussen die boot wat rondspring in die weer en my uitasemgeit het my handskrif ook sommer verval na oer-hierogliewe.
‘n Mens kan agterkom aan die geselskap aan boord dat almal nou uitsien daarna om weer land te sien. Renier het kontak gemaak met ‘n vriend wat ook aflewerings doen en dié het tekenne gegee dat daar aflewerings is na Australië. Die vangslag is dat mens verkeerd-om na Australië seil. Deur die Panama-kanaal, via die Galapagos-argipel en Tahiti. Die rede is blykbaar, dat hierdie bote nie sterk genoeg is om die ‘roaring forties’ deur te maak op die roete oor die Indiese Oseaan nie. Dit beteken ‘n reis van vyf maande.
Daar was ‘n eenparige nee van hierdie boot af.
Ons is almal vandag effens tam na gister se verandering in die roetine met die Kersmaal op die middagete instede van die gebruiklike aandete. Ons het die middag baie rustig deurgebring en niemand was juis lus vir kos gisteraand nie. Toe kom die squall ook nog, wat veral my energie getap het. Vanaand gaan dit darem beter nadat ek deur die middag en na aandete ‘n uiltjie kon knip.
Maar ek dink die tamheid is nie die rede vir die rigting van die gesprekke nie. Die verdere nuus was dat daar eers weer in aanstaande Maart aanstaande jaar aflewerings na Sentraal Amerika en die Karibiese Eilande sal wees. Die ander twee manne dink om ‘n vakansie uit te pak. Ek beplan om my kwalifikasies tot by Yachtmaster Ocean te voltooi. Ons almal kyk ook diep in ons eie sake en wonder wat die toekoms verder inhou.
Vir my is dit ‘n nuwe ervaring, want vir die eerste keer in my lewe is ek regtig vry om besluite oor my lewe te kan maak. Tot onlangs toe het ek nog vir Mammon gedien en was sy slaaf. Nou is dit anders en ek kyk met totale nuwe oë na die lewe. Op die rype ouderdom van sewe en vyftig jaar, nogal. Ek het al ‘n paar keer op hierdie reis so in die stilligheid gewonder hoekom ek so lank geneem het om die besluit te maak. Ek vermoed dis die juk van finansiële slawerny wat net te groot en swaar is.
En mens het nie al die aardse besittings, veral statussimbole, nodig om gelukkig te wees nie. Soos dit nou met my gaan sal ek waarskynlik ophou belasting betaal omdat ek gewoon te min verdien in rande. Ook omdat ek nie lank genoeg in my land is om te kwalifiseer nie. Ek bid dat dit laasgenoemde is. Maar dis steeds die toekoms. Ons bepaal nie volledig ons eie toekoms nie.
Van aardse besittings en statussimbole gepraat, myne is beide besig om te kwyn. ‘n Vriend en kollega het onlangs opgemerk date ek selfs nie my eie boot sal besit nie. Hy het gereken ek is bestem om ander mense se bote te seil. Soos dit nou lyk is hy in die kol. Die man se geloof is sterker as myne en ek het nogal op hom gesteun vir geestelike ondersteuning in my laaste dae by Denel. My skeepsmaats reken ook dat ek op die regte pad is met my tweede loopbaan en die pad wat ek loop. Komende van hulle laat dit my goed voel, heel positief vir die toekoms.
En ek loop een tree op ‘n slag en vat elke dag soos hy kom. Daar is ‘n duidelike rigting vir my vir die volgende twee maande. Ek loop hierdie pad tegemoet met volle vertroue.

Sunday, 19 February 2012
Squalls en natreen
2011-12-26 04h00
Gister was Kersfees aan boord. ‘n Baie interresante dag met opwinding.
Ons het ‘n rustige oggend gehad tot Renier ‘n klein tuna gehaak het. Tien sekondes later het ek ook een aan die hoek gehad.
Daarna was dit tyd om ‘n
bier te geniet. Dis hengse warm gewees en ons het al drie buite
gesit en bier gedrink. Daarna was dit tyd vir Kersmaal voorberei en
ek het my gebruiklike navigasie deurgewerk met ‘n stel sonlesings.
Jy sal jou verbaas oor hoe lank dit neem om ‘n stel lesings te
verwerk na net een bier op ‘n leë maag. Dis nou terwyl Drikus kos
maak. Sticky sweet hoender met rysslaai, kool en botterboontjieslaai
en soetmielie plaatkoekies. En daarby ‘n bottel droë Sauvignon
Blanc vonkelwyn van JC le Roux. Maskas, maar het ons gesmul! Later
sit ons toe op die agterdek in die hitte van die tropiese middag en
geniet die laaste van die porsie vonkelwyn.
En so tussendeur vang ons toe nog twee babatunas gelyk. Ons dink hulle skool agter die hatch vliënde visse aan, want die seevoels koek ook saam in dieselfde area.
Ek kan vir Carol bel en ‘n kort rukkie gesels. Dit was nogal regtig baie lekker om haar stem te hoor. Ek dink dit was vir haar nogal ‘n verrassing. Aan haar praat klink dit asof ek van voor af sal moet vriende maak met die katte! Dis darem nie meer lank nie, dan is die reis verby. Ons is so knap meer as ‘n duisend seemyl van St Maarten af.
Maar die opwinding van die dag was op my wagbeurt van 18:00 – 21:00 gisteraand. Ons het nie kaart gespeel nie en elkeen het sy eie ding gedoen. Die klankstelsel het Boney M, Edith Piaf, Laurika Rauch en ‘n paar ander uitgedraai. Nogal heel rustig. Ons sit nog so toe sê Renier maar die wind kom op. Dit was toe net mooi donker en ons het die seil met moeite afgerol as gevolg van die 60km/h. Gepaardgaande met reën. Daar sit ek toe sop, sop nat gereën. Gelukkig in my baaibroek. Drikus het my kajuit se luik toegemaak toe hy sien dit reën in. Gelukkig is daar toe nie te veel water in my bed nie en ek kon toe so ‘n natterige slapie uitpak voor hierdie diensbeurt.
Maar eers het ek woes natgereën. Al die ou los velle is sommer afgereën. Dis snaaks hoe mens natreën as jy elk geval amper nie klere aan het nie. Miskien is dit ‘n ding van natgereën voel. Dis ‘n ding van ongemaklik voel. Dit was nou nie juis ‘n vreeslike koue reën nie, net koud genoeg om lekker te voel. Die sterk wind se afkoeling is eintlik die erge ding. Daar sit ek toe in my kozzie met die wind en reën in my gesig, oë en hare.
Letterlik.
En hier langs my sit Drikus
knus met sy reënbaadjie aan. En daar onder staan Renier, ook met sy
reënbaadjie aan en trek aan ‘n sigaret. Renier het gou weer sy
reënbaadjie uitgetrek want dit was steeds warm as mens uit die wind
uit bly. Die squall het so driekwartier aangehou, toe gaan lê die
wind, maar dit het nog vir ‘n ruk aangehou reën.
Ons het toe die hele nag ge-motor want jy kon nie die squalls sien in die nag nie en sal die boot omgooi of skade aandoen as so ‘n storm jou onkant vang. Tans is die wind nog mooi sterk, so 19 – 20 knope en ek hoop dit bly so, dan kan ons weer seil wanneer dit lig genoeg is om die squalls te sien aankom. Die wind is reg op die boot, dus gerieflik om te seil. Die deinings is ook dwars en slaan en stamp die boot ongemaklik rond. Mens kan dit sien aan die strepe wat ek deur my skrif maak elke keer as die boot so ‘n slag rondspring. Nie baie gemaklik nie. Jy val ook rond in jou bed. Dit hou jou gerieflik uit die slaap en dan sit jy rond met brand-oë van die wind, reën en min slaap. Lekker avontuur!
Maar miskien net vir die eerste keer…
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Gister was Kersfees aan boord. ‘n Baie interresante dag met opwinding.
Ons het ‘n rustige oggend gehad tot Renier ‘n klein tuna gehaak het. Tien sekondes later het ek ook een aan die hoek gehad.
En so tussendeur vang ons toe nog twee babatunas gelyk. Ons dink hulle skool agter die hatch vliënde visse aan, want die seevoels koek ook saam in dieselfde area.
Ek kan vir Carol bel en ‘n kort rukkie gesels. Dit was nogal regtig baie lekker om haar stem te hoor. Ek dink dit was vir haar nogal ‘n verrassing. Aan haar praat klink dit asof ek van voor af sal moet vriende maak met die katte! Dis darem nie meer lank nie, dan is die reis verby. Ons is so knap meer as ‘n duisend seemyl van St Maarten af.
Maar die opwinding van die dag was op my wagbeurt van 18:00 – 21:00 gisteraand. Ons het nie kaart gespeel nie en elkeen het sy eie ding gedoen. Die klankstelsel het Boney M, Edith Piaf, Laurika Rauch en ‘n paar ander uitgedraai. Nogal heel rustig. Ons sit nog so toe sê Renier maar die wind kom op. Dit was toe net mooi donker en ons het die seil met moeite afgerol as gevolg van die 60km/h. Gepaardgaande met reën. Daar sit ek toe sop, sop nat gereën. Gelukkig in my baaibroek. Drikus het my kajuit se luik toegemaak toe hy sien dit reën in. Gelukkig is daar toe nie te veel water in my bed nie en ek kon toe so ‘n natterige slapie uitpak voor hierdie diensbeurt.
Maar eers het ek woes natgereën. Al die ou los velle is sommer afgereën. Dis snaaks hoe mens natreën as jy elk geval amper nie klere aan het nie. Miskien is dit ‘n ding van natgereën voel. Dis ‘n ding van ongemaklik voel. Dit was nou nie juis ‘n vreeslike koue reën nie, net koud genoeg om lekker te voel. Die sterk wind se afkoeling is eintlik die erge ding. Daar sit ek toe in my kozzie met die wind en reën in my gesig, oë en hare.
Letterlik.
Squall |
Ons het toe die hele nag ge-motor want jy kon nie die squalls sien in die nag nie en sal die boot omgooi of skade aandoen as so ‘n storm jou onkant vang. Tans is die wind nog mooi sterk, so 19 – 20 knope en ek hoop dit bly so, dan kan ons weer seil wanneer dit lig genoeg is om die squalls te sien aankom. Die wind is reg op die boot, dus gerieflik om te seil. Die deinings is ook dwars en slaan en stamp die boot ongemaklik rond. Mens kan dit sien aan die strepe wat ek deur my skrif maak elke keer as die boot so ‘n slag rondspring. Nie baie gemaklik nie. Jy val ook rond in jou bed. Dit hou jou gerieflik uit die slaap en dan sit jy rond met brand-oë van die wind, reën en min slaap. Lekker avontuur!
Maar miskien net vir die eerste keer…
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Visse en meditasies
2011-12-25 00h10
Kersfees 2011. Hoe het die jaar ten einde gesnel! Hier sit ek êrens op die diep blou see in tropiese hitte wat skrik vir niks. Gelukkig is dit nou nag, en sit mens nie in ‘n plas sweet nie.
Hierdie jaar was vir my baie
erg met Werner se oorlye en die gepaardgaande trauma. Dis heelwat
vererger deur die trek en die operasie op die knie, met die
oor-en-weer vliegery en die uitmekaar wees.
Aan die positiewe kant is daar die aflossing van al die skuld en die ding van aftrede. Die vryheid is ongelooflik lekker. Deel daarvan stel my in staat om my drome te kan nastreef, wat my hier op die boot het.
Ons reis is nou amptelik op enkelsyfers dae vir die restant. Tans is ons nog by die Brasiliaanse kus en wel regoor die Amasone-rivier se monding. Dis omtrent ‘n drie-dag-reis om die monding verby te steek. Maar nou is elke dag nog ‘n mylpaal om af te tel.
Al hierdie is natuurlik soveel stories vir die vaak vir die leek. Die enigste manier hoe ons weet waar ons is, is die GPS en my sekstant en plotte. En selfs die plotte wat ek maak is net ‘n paar strepies op die papier. Daar is geen ander detail op die papier as die lengte- en breedtegrade wat ek teken en name gee, en die strepies en kruisies van ons vordering nie. Die skaal is te klein. Dus, op ‘n manier, as jy nie die strepies en syfers op die papier kan verwys na ‘n groot skaal nie, lyk dit steeds soos die prentjie buite die boot. Blou water reg rondom jou. Jy sal smaak die land het van die aardbol af verdwyn.
Nou begin die Polinesërs se
benadering sin maak. Hulle reken die navigator trek die land op uit
die see uit. Vir die beeld wat mens sien soos jy naderkom is dit
waarskynlik ‘n geldige perspektief. Ons is nou al meer as ‘n
maand op die see en het nog net St Helena eiland gesien. Darem ook
al ‘n paar skepe. So waar is die land dan? Versink in die see.
Die perspektief is so goed soos kan kom.
Vandag, of liewer gister, se opwinding moet die visse wees. Ek het ‘n kunsaas verloor met ‘n vis wat gebyt het. Kort daarna vang ons toe ‘n Dorado op die visstok. Ek het ‘n beurt gekry om die vis te bewerk en was nog besig daarmee toe ons nog twee visse vang. Dié slag was dit baba tunas, een met strepies en een geelvin tuna. Daar was ‘n hatch van vlieënde vissies, en tussen die voëls en roofvis was daar ‘n groot fees. Die dolfyne het selfs meegedoen.
Dit was my beurt om te kook en ek het tamatiebredie met beesvleisblokkies gemaak. Ek het ‘n halwe ui en ‘n kwart soetrissie gebruik uit kosbare voorraad wat kleiner is as die dae wat oorbly. Die bredie het ek voorgesit met bruin rys. Die het groot byval gevind. Renier het selfs ‘n bottel crème soda gaskoeldrank oopgemaak. Ons het almal gesmul. Vir die kersmaal is die Drikus se beurt. Ons gaan hoender kry in ‘n soet-en-suur sous. Klink lekker. Hy en Renier het uitgeruil met die kosmaak wat Renier reken hy kan nie goed genoeg kook om ‘n kersete uit te draai nie. Ons sal die hoofete vir middagete hê, nie aandete soos gewoonlik nie. Ek sien uit daarna.
Ek het vandag klaargemaak met Slave Species of God. Dis ‘n baie interessante boek en mens kyk na die bybel en ander ‘heilige’ geskifte uit ‘n heel ander perspektief. Jou beskouing van vvv’s word ook beïnvloed. Die volgende boek wat ek lees sal sommer net ‘n storieboek wees. Ek sal ook so tentatief kyk na die seilvaart handboek wat Drikus vir my gegee het. Dit dek die sillabus vir die Yachtmaster kwalifikasie.
Ek hoop van harte dat my koplamp se batterye hou, anders gaan ek sukkel in die nag, so met my flits in die een hand.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Kersfees 2011. Hoe het die jaar ten einde gesnel! Hier sit ek êrens op die diep blou see in tropiese hitte wat skrik vir niks. Gelukkig is dit nou nag, en sit mens nie in ‘n plas sweet nie.
Aan die positiewe kant is daar die aflossing van al die skuld en die ding van aftrede. Die vryheid is ongelooflik lekker. Deel daarvan stel my in staat om my drome te kan nastreef, wat my hier op die boot het.
Ons reis is nou amptelik op enkelsyfers dae vir die restant. Tans is ons nog by die Brasiliaanse kus en wel regoor die Amasone-rivier se monding. Dis omtrent ‘n drie-dag-reis om die monding verby te steek. Maar nou is elke dag nog ‘n mylpaal om af te tel.
Al hierdie is natuurlik soveel stories vir die vaak vir die leek. Die enigste manier hoe ons weet waar ons is, is die GPS en my sekstant en plotte. En selfs die plotte wat ek maak is net ‘n paar strepies op die papier. Daar is geen ander detail op die papier as die lengte- en breedtegrade wat ek teken en name gee, en die strepies en kruisies van ons vordering nie. Die skaal is te klein. Dus, op ‘n manier, as jy nie die strepies en syfers op die papier kan verwys na ‘n groot skaal nie, lyk dit steeds soos die prentjie buite die boot. Blou water reg rondom jou. Jy sal smaak die land het van die aardbol af verdwyn.
Vandag, of liewer gister, se opwinding moet die visse wees. Ek het ‘n kunsaas verloor met ‘n vis wat gebyt het. Kort daarna vang ons toe ‘n Dorado op die visstok. Ek het ‘n beurt gekry om die vis te bewerk en was nog besig daarmee toe ons nog twee visse vang. Dié slag was dit baba tunas, een met strepies en een geelvin tuna. Daar was ‘n hatch van vlieënde vissies, en tussen die voëls en roofvis was daar ‘n groot fees. Die dolfyne het selfs meegedoen.
Dit was my beurt om te kook en ek het tamatiebredie met beesvleisblokkies gemaak. Ek het ‘n halwe ui en ‘n kwart soetrissie gebruik uit kosbare voorraad wat kleiner is as die dae wat oorbly. Die bredie het ek voorgesit met bruin rys. Die het groot byval gevind. Renier het selfs ‘n bottel crème soda gaskoeldrank oopgemaak. Ons het almal gesmul. Vir die kersmaal is die Drikus se beurt. Ons gaan hoender kry in ‘n soet-en-suur sous. Klink lekker. Hy en Renier het uitgeruil met die kosmaak wat Renier reken hy kan nie goed genoeg kook om ‘n kersete uit te draai nie. Ons sal die hoofete vir middagete hê, nie aandete soos gewoonlik nie. Ek sien uit daarna.
Ek het vandag klaargemaak met Slave Species of God. Dis ‘n baie interessante boek en mens kyk na die bybel en ander ‘heilige’ geskifte uit ‘n heel ander perspektief. Jou beskouing van vvv’s word ook beïnvloed. Die volgende boek wat ek lees sal sommer net ‘n storieboek wees. Ek sal ook so tentatief kyk na die seilvaart handboek wat Drikus vir my gegee het. Dit dek die sillabus vir die Yachtmaster kwalifikasie.
Ek hoop van harte dat my koplamp se batterye hou, anders gaan ek sukkel in die nag, so met my flits in die een hand.
Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12
Subscribe to:
Posts (Atom)