Wednesday 18 January 2012

Vertrek uit St Helena

2011-12-06 11h00

Ons het so uur terug anker gelig en vertrek. My ervaring van Jamestown is maar so-so. Niks om oor huis toe te skryf nie. Die dorp is 'n historiese gedenkwaardigheid. Die enigste kontak met die buitewereld is die RMS St Helena, 'n skip wat elke ses weke tussen kaapstad en st Helena reis en twee keer per jaar na Brittanje. Daar is darem telekommunikasie en die internet is nie te vrot nie, hoewel duur.

Vandag is warm en gedeeltelik bewolk. Ek dink ons gaan hiervandaan bly wees vir 'n bietjie reën as lafenis. Die warm klere is opsy gesit. Ek sal later my flennie-top uitwas hy het dit nodig.

Ek het lekker met Carol gesels. Sy klink heel OK. Die katties tuis klink alte kontant. Daar is 'n hele klomp katte op die eiland, meesal wilderig. Die hoteleienaar voer twee van hulle. Die twee lyk heel goed, lang bene, maerderig, maar 'n mooi blink pels. Hulle wou nie kom groet nie, staar mens net so half agterdogtig aan. Maar daar was darem 'n een kat wat vriendelik was vanoggend in die dorp. Kom so ewe en skuur en loop toe verder stert in die lug. Herinner nogal aan kyla, net donkerder maar ewe bont. 'n Gawe afskeidsgroet van die eiland.

Nou sien ek uit na die volgende been van die reis. 28 dae tot by St Maarten. Ons hoop om betyds te wees vir nuwejaar op Barbados. Indien wel sal ons daar stop. Anders is dit reguit deur tot by St Maarten en ons is dan beide Kersfees en nuwejaar ter see.

Navigasiegewys is ons alreeds in die westerse halfrond. St Helena lê op so 5° westerlengte. Ons sal die ewenaar oorsteek so oor 18-20 dae, net noord van Brasilië. Ons het reeds 1800 seemyle agter die blad met nog 4000 wat oorbly.

Nagure gewerk tot dusver: 36
Totale ure aan diens: 66

Authored by Johan Zietsman
Last updated on 2012-12-12

No comments:

Post a Comment